top of page

HUISE OP DIE ROTS

Dit is vir ons van uiterste belang dat ons jeug die vertrouensverhouding en veilige plek van hulle ouerhuise het om hulle geloofslewens te begin. Hierdie is die fondasie vir hulle toekomstige geloofssukses.

Lydenstyd 2020

Hierdie jaar het ons 'n baie oulike kalender wat kinders help om meer oor gebed, vas en diensbaarheid te dink. Klik hier om die dokument in PDF formaat af te laai. 

Hou die webblad dop vir meer oordenkings tydens die 40 dae van lydenstyd.

Hier is 'n Aswoensdag oordenking met 'n lekker labirint oefening vir die hele gesin. Klik hier om die dokument in PDF formaat af te laai. 

lydens.png
Gebedsblokkie
Opstandingsrolletjies

Hierdie bakaktiwiteit is ‘n manier om kinders van die opstanding te leer. Klik hier om die dokument in PDF formaat af te laai.

Berei jou kind(ers) voor vir die Nagmaal

Gebruik hierdie gids om kinders voor te berei vir die Nagmaal. Klik hier om die dokument in PDF formaat af te laai.

Gebed
Gooi & Gesels speletjie

Druk hierdie gebedsblokkie uit, knip en plak. Gebruik hierdie gebedsblokkie om kinders te help bid. Klik hier om die gebedsblokkie in PDF formaat af te laai.

Laai gerus hierdie speelkaartjies en dobbelsteen af. Druk dit uit en knip, knip, knip!

Kaartjies PDF

Dobbelsteen PDF

Hierdie speletjie is ontwerp om

intergenerasionele

geloofsgesprekke te fasiliteer.

 

Op ‘n speelse manier kan daar in gesinne of tydens kategese saamgesels word oor verskillende geloofstemas. Gooi die dobbelsteen en kies dan ‘n kaart met ooreenkomstige kleur uit die pakkie. Antwoord die vraag en/of nomineer iemand anders om die vraag te antwoord. Luister, gesels en speel saam om dieper kommunikasie oor stories, geloof en tradisies te bevorder. Dit is geskik om te gebruik met alle ouderdomme.

Capturegooi.PNG
Lydenstyd
Lydenstyd kalender vir kinders

Plak 'n plakker, kleur elke dag in in die kleure van Lydenstyd (pers, grys en rooi) of tel af hoe lank dit nog is voor jy weer kan TV kyk. Gebruik hierdie kalender om vir jou kinders te leer oor die kerklike jaar, Heilige Week en vas. Klik hier om die kalender in PDF formaat af te laai.

Heilige Week
Die pad na Paasfees - "bordspel"

Lees hierdie Heilige Week elke dag die skrifgedeelte en rangskik die gebeure van Jesus se lyding in volgorde.  Klik hier om die “bordspel” in PDF formaat af te laai vir jul huisgodsdiens.  Begin op Palmsondag (14 April 2019) met die skrifgedeelte by blokkie 1.

Die pad na Paasfees - kruis

Ons het spesiale Huisgodsdiensmateriaal gemaak vir die week op pad na Paasfees.  Dit sal op Palmsondag by die erediens uitgedeel word.  As julle nie daar kan wees nie, kan julle dit aflaai.  Druk dit uit op ‘n A3 papier, sny die wit gedeeltes uit en vou die blokkies toe.  Begin op Maandag (15 April) . Vou elke dag die papier met een blokkie oop, lees die skrifgedeelte en volg die instruksies.

Ons Huisgeloof Skatkaart

Hierdie is 'n lekker aktiwiteit vir die hele gesin! Laai die skatkaart hier af, druk dit uit (sommer lekker groot), en begin speel. Die skatkaart sleutel kan in PDF formaat  hier afgelaai word.

Die Onse Vader gebed

Druk hierdie "printable" van die Onse Vader gebed uit. Plak dit as 'n prent op jul yskas of sny elke blokkie uit om jou eie yskasmagnete (en legkaart vir die kinders) te maak  Jy kan die blokkies uitsny en aan 'n sleutelhouer sit sodat die kinders die gebed kan leer. Sing ook Lied 266 saam. Klik hier om die Onse Vader in PDF formaat af te laai.

bottom of page