top of page

IMPAKBEDIENING

Wees met die wêreld

In hierdie lewensruimte nooi God ons uit tot diensbaarheid. Dit is ’n manier waarop ons God se wêreld en mense impakteer sodat sy koninkryk in ’n voller gestalte kan kom.

Ons gebruik as ikoon ’n vingerafdruk: Los jou vingerafdruk. Hierdie vingerafdruk is ’n teken van respek, aanraking, omgee, iets konkreet tot voordeel van ander doen.

Kernwaardes: 

Kernwaardes in verhouding met die wêreld: Ons leef as getuies van Jesus Christus ­wat die evangelie op elke lewensterrein uitleef, wêreldwyd laat hoor, en mense in nood help en bemoedig.

Beskrywing:

Hierdie bediening gaan oor diensgetuienis:

  • ons getuig van God en sy Koninkryk in en teenoor die hele wêreld (Woord)

  • en dien in ons gemeenskap en wêreld volgens omstandighede en behoeftes (Brood).

Missie:

  • om gemeentelede te mobiliseer (begelei en bemagtig) om die Blye Boodskap hier, rondom ons en wêreldwyd deur woord en daad te verkondig en uit te leef

  • om lidmate te mobiliseer (begelei en bemagtig) om hulle gawes en bediening te ontdek en hulle toe te rus om mense binne en buite ons gemeente te bedien en te versorg volgens hulle behoeftes en omstandighede.

 

Fokusse:

  • Gestuurdheid / Missionaliteit / Publieke getuienis

  • Diens – mekaar & wêreld (barmhartigheid, alimentasie).

  • Sosiale impak

  • Ekologie / sorg vir die aarde.

Kontak vir Ds. Theo Janse van Rensburg op 082 561 1818 of theo@hooglandfamilie.com
bottom of page