top of page

Kategese registrasie 2026
Liewe ouer/voog,
​
2026 lê vol nuwe moontlikhede vir ons kinders en jongmense by Hooglandfamilie.
Ons nooi jou kind of tiener om saam met ons te leer, groei, vra, dink en ontdek.
​
Registreer asseblief jou kind/tiener deur die elektroniese Google-vorm te voltooi.
Jy kan al jou kinders op dieselfde vorm inskryf, maklik en vinnig.
​
Selfs al was jou kind of tiener vorige jare reeds by kategese betrokke, vra ons dat almal asseblief weer inskryf. Dit help ons om goed te beplan en seker te maak ons het genoeg lesmateriaal vir elke groep.
​
2026 word ’n jaar van kreatiewe denke, eerlike vrae en saam groei in geloof.
Ons sien uit daarna om hierdie pad saam met julle kinders te stap.
bottom of page