top of page

HARTKLOPBEDIENING

Wees met jouself

In ’n sekere sin is hierdie lewensruimte die verbinding tussen al die lewensruimtes: waar jy ook al is en saam met wie jy ook al is, jý is steeds teenwoordig. En die lewe het ons al geleer: mens kan net in ’n gesonde verhouding met ander (God en mense en die wêreld) leef, wanneer jy in ’n gesonde verhouding met jouself leef.

Ons gebruik ’n as ikoon – die die simbool jou jou diepste en unieke menswees.

Kernwaardes: 

  • Kernwaarde in ons verhouding met God: Ons volg Jesus Christus as Here.

  • Kernwaarde vir gemeentewees: Ons leef ons roeping getrou uit as ons aanhou bid, mekaar versorg en toerus en ons kinders begelei tot ‘n toegewyde verbondslewe.

  • Kernwaardes vir rentmeesterskap: As goeie rentmeester van God wil ons toegewyd en uitnemend, eietyds en geloofwaardig God met ons hele lewe verheerlik.

Beskrywing:

Hartklopbediening gaan oor ’n proses van spirituele vorming

  • as ’n lewenslange reis van persoonsvorming en geloofsvorming deur middel van die groei in kennis, verstaan en uitleef

  • en persoonlike innerlike transformasie in navolging van Jesus

  • om geestelik volwasse te word.

Missie:

Om lidmate te bemagtig in hulle reis na geloofsvolwassenheid deur

  • persoonsvorming en

  • geloofsvorming.

 

Fokusse:

  • Dissipelskap as Geloofsvorming

  • Persoonsvorming (Lewensvaardighede - Life Skills).

Kontak vir Ds. Theo Janse van Rensburg op 082 561 1818 of theo@hooglandfamilie.com
bottom of page