top of page

SAAMWEESBEDIENING

Wees met mekaar

In hierdie lewensruimte is ons beweging na mekaar toe. Ons leef in ’n verskeidenheid van verhoudings met ’n verskeidenheid van mense en ons gee op verskillende maniere gestalte daaraan in ons geloofsfamilie.

Ons gebruik as ikoon: Eet saam. Om saam te eet is om tafelgemeenskap te beoefen, waar ons deel in kos as ’n gawe van God, en waar ons die lewe deel met mekaar en mekaar seën.

Kernwaardes: 

Kernwaardes in ons verhouding met mekaar: Ons leef as die familie van God wat mekaar met sy liefde versorg, met sy gawes bedien en eensgesind saamleef.

Beskrywing:

As liggaam van Christus

  • bestaan ons gemeente in verhoudings

  • funksioneer ons in kleiner en groter organiese verbande

  • vier ons die gawes wat die Gees gee en seën mekaar daarmee

  • dien ons mekaar onder alle omstandighede met ons gawes en middele.

Missie:

Om lidmate te bemagtig in hulle reis na geloofsvolwassenheid deur

  • persoonsvorming en

  • geloofsvorming.

 

Fokusse:

  • Konneksie

    • Jeug 

    • Diverse Groepe

  • Sorg

    • Pastoraat (Versorging, Bemoediging, Diens).

    • Gawebediening

    • Senior Lidmate-bediening

Kontak vir Ds. Theo Janse van Rensburg op 082 561 1818 of theo@hooglandfamilie.com
bottom of page