top of page

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Effektiewe ondersteuning vir ons bedieninge

Beskrywing:

Hierdie dienste ondersteun die Bedieninge deur die nodige infrastruktuur, fasiliteite, dienste en hulpbronne te verskaf.

​

DIENSTE

​

  • Finansiële Bestuur:

Missie: om die gemeente se finansies (fondse) te beplan en te bestuur.

  • Diensverhoudinge:

Missie: om die aanwending van die gemeente se personeel en hulle belange te bestuur.

  • Instandhouding

Missie: om die terrein, geboue en hulle inhoud in stand te hou sodat Hoogland funksioneel en netjies, God sal verheerlik.

  • Kommunikasie

Missie: om gereeld en effektief alle relevante inligting aan die gemeente te kommunikeer.

​

FUNKSIONERING

​

Die funksies van die ondersteuningsdienste word in sommige gevalle deur die Bestuurspan hanteer en in ander gevalle deur ’n Diensgroep (spesialiskennis en – vaardighede word op verskillende maniere gebruik):

​

  1. Die Bestuurspan hanteer die diensverhoudinge-funksie, in oorleg met ’n kundige persoon(e).

  2. Kommunikasie is die verantwoordelikheid van die Kommunikasie-beampte (Jeanine Hepburn), wat in oorleg met die Bestuurspan funksioneer en projekspanne mag gebruik soos nodig.

  3. Die Diensgroep vir Finansiële Bestuur (DGFB) is verantwoordelik vir die finansiële bestuur van die gemeente se fondse en funksioneer onder leiding van ’n voorsitter wat op die kerkraad dien as diaken.

  4. Die Diensgroep vir Fasiliteite is verantwoordelik vir die instandhouding en ontwikkeling van infrastruktuur, koördineer met die Fasiliteitsbestuurder, en funksioneer onder leiding van ’n voorsitter wat op die kerkraad dien as diaken.

WAAR IS ONS?

85 De Wiekus Weg

Kempton Park

1629

KONTAK ONS

Tel: 011 393 4305/9

Hendrika: hoogland@mweb.co.za

​

KANTOORURE

Maandae tot Vrydae

08:00 - 13:00

  • Facebook - Grey Circle
  • Twitter - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Instagram - Grey Circle

© 2025 NG Kempton-Hoogland

bottom of page