top of page

SNAPSCAN

SnapScan is hier! Hoogland is ook nou deel van die slimfoongenerasie!

 

Jy het nou nog ’n maklike en veilige manier om jou dankoffer, kollekte- of maandelikse bydrae te maak. SnapScan is ’n toepassing (“App”) van Standard Bank wat jou in staat stel om maklik betalings met behulp van jou selfoon te maak.

 

Vervang SnapScan ander betaalmetodes?

Gladnie! Ons wil graag meer opsies en gerief aanbied en jy kan jou bydrae maak op watter manier ookal vir jou die gerieflikste is. Meelewing as gemeente is belangrik en ons sal nie kontantkollektes, debietorders, bankinbetalings of EFT bydraes afskaf nie. SnapScan gee net nog een addisionele kanaal om jou bydrae te maak om ander te seën. Talle Suid Afrikaanse kerke regoor die land gebruik dit reeds.

 

Hoe laai ek die toepassing (app) af om SnapScan te gebruik?

Soek op jou selfoon se App Store vir SnapScan inligting of besoek die www.snapscan.co.za

tuisblad vir die skakels na die Apple Store, Google Play en BlackBerry Wêreld platforms.

 

Hoe betaal ek met SnapScan?

Maak die SnapScan app oop en kliek op “scan”. Hou dan bloot jou slimfoon se kamera oor
die unieke Snapcode (’n QR-kode of vierkantige barkode) wat in die kerk of op die afkondigings is om te skandeer. Dit identifiseer NG Kerk Kempton Hoogland outomaties en vra jou om die bedrag te verskaf wat jy wil oorbetaal. By Hoogland is daar sewe opsies waarvoor transaksies kan geskied:

  • Maandelikse Dankoffer

  • Bankkollektes

  • Jaarlikse Dankoffer

  • Jnr Jeug

  • Snr Jeug

  • Bybelverspreiding

  • Mosambiek uitreik

Jy verskaf dan jou unieke en veilige PIN om die transaksie te magtig en te voltooi. Die kerk sal dan ‘n kennisgewing via SMS en epos ontvang dat die betaling gemaak is.

 

Is dit veilig?

SnapScan is veilig, want:

  • Niemand hoef jou kaart te hanteer nie.

  • Jou besonderhede word veilig gekodeer en met ‘n pin beskerm.

  • Jy bepaal self die bedrag wat jy wil oorbetaal

Hoeveel sal die SnapScan transaksie my kos?

SnapScan is heeltemal gratis vir die gebruikers, jy moet net vir jou datakostes betaal, maar die app se grootte is minder as 10MB. Transaksies gebruik ook min data, omtrent dieselfde as wat ‘n enkele boodskap op Whatsapp kos. Hoogland betaal ‘n transaksiekoste van 3% per transaksie. Die fooi word dadelik gehef en die balans van 97% word in die kerk se rekening inbetaal. Die kerk sal daagliks state van SnapScan ontvang wat elke transaksie reflekteer.

Waar kry ek nog meer inligting?

Hier is ‘n paar skakels wat meer inligting kan gee:
• SnapScan se webblad – www.getsnapscan.co.za 
• Vrae en antwoorde – http://www.snapscan.co.za/faq 
• Video – Só laai jy SnapScan op jou slimfoon http://youtu.be/hF5VnmlJ194
• Hoe om met SnapScan te betaal http://youtu.be/1e4xCcg5hTM

bottom of page