top of page

KAARTJIEKERK

Die oesfees, waartydens Pinkster plaasgevind het, was die dankfees van Israel vir die jaarlikse oes en die “eerstelinge van die oes” is na die tempel gebring as viering. Dit was ook belangrik om op dié dag mededeelsaam te wees en na ander uit te reik.
 

Die Oesfees was ‘n dankfees om die Here te dank vir oeste wat reeds ingekom het en ook waar ons Hom vertrou vir dit wat nog moet kom!

 

Ons bring ons dankoffers om die Here met blydskap te dank vir al sy seëninge en sorg. Hierdie dankoffer is ’n spesiale addisionele geleentheid om die Here te dank vir sy sorg en seën.

Die leiers van die gemeente nooi almal uit om biddend te besluit hoe ons tydens die jaarlikse dankoffer kan gee uit ons dankbaarheid teenoor die Here.

 

Ons Oesfees is op Sondag, 27 November 2022. Bring jou dankoffer na die erediens, of op ’n tyd en manier wat vir jou geleë is. Ons jaarlikse dankoffer gaan voort tot einde Februarie 2023.

 

  • Ons gaan 'n Bybelse ete geniet en ons nooi almal om as Bybelse karakters aan te trek.

  • Ons kom ook dié dag kaalvoet kerk toe. Elkeen word aangemoedig om ‘n paar skoene te skenk. Dit kan 'n nuwe paar skoene wees of 'n goeie paar ou skoene.

 

Om ons te help om te bepaal hoeveel kos voorberei moet word, vra ons dat jy asseblief VOORAF BESPREEK. Jy "koop" 'n kaartjie vir Kaartjiekerk. Dis gratis! Soos die Here se genade! 

No events at the moment
bottom of page