SENIOR JEUG

Om vrae te vra is nie altyd maklik nie. Veral moeilikes soos: Wie is ek? Wat maak ek hier? Hou ander mense van my? Dalk wonder jy hoe om jou geloof by die skool uit te leef (sonder om 'weird' te wees) of miskien twyfel jy oor goed in die Bybel. So wat as ons vir jou sê jy mag maar hierdie vrae vra? Selfs ongemakliker vrae as hierdie! Wel, by Hoogland se tienerbediening luister ons na daardie dinge wat op jou hart lê.

By Hoogland wil ons juis 'n veilige ruimte skep waar jongmense hulself mag wees, sonder enige oordeel, vernedering of blamering. Ons bediening is holisties van aard, met ander woorde ons wil jongmense in hulle volledige menswees bedien: spiritueel, emosioneel en sosiaal. Daarom het ons ook verskillende ruimtes geskep vir jongmense om in te wees; Grootgroepe en 'n Tiener Jeuggroep.

 

 

GRAAD 7-10

 

 

Die graad 7-10's  fokus op die beginsels van geloof  in 'n 5-jaar siklus van Real lewe.

 

Real lewe is die eerste reeks wat kategesebyeenkomste aanvul met videogrepe, klanksnitte en prentjies direk op jou foon. Dit ondersteun jou reis met God deur weeklikse aanhalings, Bybelgedeeltes en tips om in jou geloof te groei. Dit bevat ook bykomende agtergrondinligting vir dieper verstaan.

Geloofsgewoontes is sekere dinge wat ons doen om in ons geloof te groei. Ons kan meer as een geloofsgewoonte gereeld uitleef, maar hierdie jaar gaan ons elke week op een spesifieke geloofsgewoonte fokus en dit inoefen. Jy sal elke week ʼn boodskap op jou foon kry met ’n uitdaging wat jy kan aanpak. Jy sal baie leer en ervaar, soms selfs iets wat jy nie verwag het nie!

GRAAD 11/BELYDENISKLAS

Die belydenisklas is die jaar waar ons fokus op die Kerk. Wat is kerk? Hoekom is daar 'n kerk en wat doen ons as kerk? Die graad 11's word begelei deur Ds. Jeanine. Hulle kom in die grootsaal bymekaar in Kairos op Sondae om 17:30.

WAAR IS ONS?

85 De Wiekus Weg

Kempton Park

1629

KONTAK ONS

Tel: 011 393 4305/9

admin@hooglandfamilie.com

KANTOORURE

Maandae tot Vrydae

08:00 - 13:00

  • Facebook - Grey Circle
  • Twitter - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Instagram - Grey Circle

© 2020 NG Kempton-Hoogland