Hoeveel keer bevind ons onsself in situasies waar ons nie dink dat die antwoord gebed is nie?
Hoekom is gebed nie 'n outomatiese refleksie in enige situasie nie?
Here, spreek my vry van hierdie geweldige woede.
Here, ek is bang. Vat my vrees weg.
Here, my enjin oorverhit. Koel hom af, asseblief.
Here, ek weet nie wat is die antwoord nie. Wys my asseblief die regte pad.
Here, lei my nie in versoeking nie.
Here, verlos my van die Bose.
Watter beter strategie is daar vir die duiwel as om God se kinders van Hom te weerhou? Die duiwel wen wanneer ons in stilte ly; wanneer ons nie met God praat nie.
"En bring ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose."
In hierdie gedeelte van die Onse Vader, skuif die fokus van voorsiening, van vergifnis, na 'n versoek om leiding. Ons vra vir God om ons te weerhou van die verkeerde keuses, van die maklike, voorspelbare pad.
Daar is 'n tong-in-die-kies gebed wat so iets klink: "Here, vandag het ek nog niks verkeerd gedoen nie. Ek het nie geskinder, gevloek, of kwaad geraak nie. Ek was nog nie jaloers, gierig of selfsugtig nie. Ek was nog nie lelik nie en het nog nie vandag die verkeerde dinge gedoen nie. Maar Here, ek gaan oor 'n paar minute uit die bed opstaan, en dan gaan ek bietjie meer hulp nodig hê!"
So vandag, hierdie week, wanneer jy moet besluit wie jy volg, gaan jy die een volg wat jou in versoeking lei, of die Een wat jou na veiligheid lei?
Vandag is die laaste dag van die “Onse Vader”-reeks. Ek hoop dat ons reis deur hierdie gebed jou lewe verryk het. Dit is wonderlik dat Jesus Sy tyd op aarde gebruik het om vir ons ‘n voorbeeld te stel, gefokus op dié dinge wat Hy geweet het ons mee sal sukkel, en oor sal wonder.
Ek dink meeste van ons weet dat die einde van die gebed nie oorspronklik in die gebed ingesluit is nie, maar vir die wat nie weet: Jesus se gebed eindig by “maar verlos ons van die Bose”. Dit blyk dat vertalers die laaste gedeelte bygevoeg het omdat hulle sentiment in die teks kon insien, maar nie noodwendig gefokus het op die werklike woorde nie. Nietemin, ongeag watter weergawe van die Onse Vader jy ken, wat waar is, is dat die koninkryk Jesus s’n is en alle krag en heerlikheid móét aan Hom behoort. Daarom is hierdie byvoeging tot die gebed tog mooi.
Verbeel jou ons leraars spandeer 45 minute om ‘n preek op Sondae te in te lei en te preek, en stap dan van die preekstoel sonder ‘n slot, sonder gebed, sonder ‘n motivering om nuwe waarhede in ons lewe toe te pas? Ons sal nogal verlore voel, oorbluf voel.
“Amen” is meer as om net te sê “die einde”. Dit is ‘n manier om te wys dat ons met die Gees saamstem. Dis ‘n bevestiging. Dis om te sê “laat dit so wees.” Dít is hoe ons wil hê dit moet wees, ons bevestig dat ons glo die koninkryk, krag en heerlikheid behoort aan God, nou en vir altyd. Amen!
Ons bekragtig ons gebede op hierdie manier, want die “Onse Vader” leer ons dat ons God s’n is, en dat wanneer ons in ‘n verhouding met Hom is, het ons alles wat ons ooit nodig kan hê.
“Vind rus by God alleen, my siel, want op Hom is my hoop gevestig. Net Hy is my rots, my verlossing, my toevlugsoord. Ek sal nie wankel nie”(Ps. 62:6-7 AFR20).
Ek wil jou uitdaag om hierdie week elke dag die “Onse Vader” te bid, sonder om dit af te rammel. Vul elke frase met jou eie gedagtes, jou diepste behoeftes, jou smekinge, jou eie eerlike, opregte gevoelens.
Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Comments