JUNIOR JEUG

In 2020 werk ons met jaar 4 van die LP3 reeks. Hierdie kategese-reeks is spesiaal ontwikkel deur die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode met die oog op die geloofsvorming van laerskoolleerders (graad 1-6). Hierdie materiaal se uitgangspunt: Die kind wat gereeld kategese bywoon, moet oor 6 jaar van nou af (die tyd wat mens van Gr. 1-6 in die kategese is) ‘n oorkoepelende idee kan vorm van waar die verskillende Bybelverhale op ‘n tydlyn/ op landkaarte/ by die kerkgeskiedenis inpas.

 

Hoe werk dit?

 

09:30 - Die kinders meld aan by KAIROS en hul verskeie lokale.

Die kinders sing lekker saam in hul onderskeie groepe en dan word die les aangebied. Dieselfde temas word elke week behandel maar elke groep se aanbieding is volgens hul spesifieke ontwikkelingsfase. Daarna deel hulle in hul kleingroepe vir vaslegging van die les wat gewoonlik ‘n aktiwiteit behels.

Ons probeer om die vaslegging te differensieër deur bv. kreatiewe aktiwiteite, kinetiese aktiwiteite en kognitiewe aktiwiteite.

Ons doel met ons kinderbediening is om vir die kinders 'n belewenis te gee, hartskos te gee en om kerk te geniet!

Kontakpersoon vir Kinderbediening: Ds. Jeanine Hepburn 083 390 3858

Alle kinders 2 jaar tot Gr 6, seuns en dogters, kan deel wees van ons dansgroep.

Ons oefen Dinsdae aande 18:00 - 18:45 in die kerk.

Die kinders tree aan die einde van die kwartaal op tydens die oggenddiens.

Kontakpersoon vir Borrel-Gorrel Dansgroep: Tannie Roelien Taute 072 535 4576

WAAR IS ONS?

85 De Wiekus Weg

Kempton Park

1629

KONTAK ONS

Tel: 011 393 4305/9

admin@hooglandfamilie.com

KANTOORURE

Maandae tot Vrydae

08:00 - 13:00

  • Facebook - Grey Circle
  • Twitter - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Instagram - Grey Circle

© 2020 NG Kempton-Hoogland